MC Jeandré Venter

Een van die belangrikste rolle gedurende jou trou beplanning, is die van ‘n Seremoniemeester.

Daar is 'n groeiende moderne neiging om 'n professionele persoon te huur & ‘n paar goeie redes om dit te oorweeg – ek deel dit graag met julle:

‘n Seremoniemeester dien deesdae nie net as ‘n goeie spreker nie maar ook as ‘n TROU BESTUURDER. Kom ons draai nie doekies om nie – deesdae se troues kos ‘n fortuin en kan selfs geklassifiseer word as ‘n produksie – hetsy dit ‘n drama, strokiesverhaal of selfs ‘n musical is?

Die seremoniemeester dien as die gasheer, kommunikeerder, sentrale koördineerder, bestuurder en adviseur.

'n Professionele, gehuurde Seremoniemeester verstaan die belangrikheid van die dag en maak seker dat die aandag gefokus word op die bruidspaar – dit is immers hulle dag?

Planne op die dag sal altyd verander. My doel as seremoniemeester is om vooruit te dink en krisisse te bestuur sonder dat jy of jou gaste eers daarvan weet.

Jou MC moet interaktief met gaste optree, inligting verskaf en saam met die venue koördineerder werk om alle geskeduleerde geleenthede vir die dag te bestuur.

My naam is Jeandré Venter, ‘n georganiseerde seremoniemeester wat vermaak, verantwoordelik en vol selfvertroue optree en in staat is om beheer oor enige situasie te neem. Ek is 'n goeie kommunikeerder, jou go-to person.

Trou, Korporatief, Afrikaans of Engels, ek is jou volgende seremoniemeester.

Email MC Jeandré Venter
Add Review for MC Jeandré Venter
Are you the owner of this business? Click here to be sent a reminder of your login details. Updating your listing is completely free. SEND EMAIL PHONE

ALTERNATIVE LISTINGS

Opulence Mobile Spa
AV Photography
Donkerhoek
Classique Catering